Onwettig skole in Gauteng moet gesluit word

Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Onderwysdepartement onafhanklike skole wat onwettig bedryf word, moet sluit omdat hulle leerders weerhou van toegang tot gehalte-onderwys en ‘n bevorderlike leer-omgewing. Die party het klagtes ontvang oor 13 skole wat glo onwettig in Bloubosrand, in die noordweste van Johannesburg, bedryf word. Die DA-lid, Khume Ramulifho, sê hulle het toesighoudende inspeksies by vyf skole in die gebied gedoen en kan bevestig hulle word onwettig bedryf: