Malinois sal renosters se hoofwoef word

‘n Laeveldse toevlugsoord vir renosters wat wees gelaat is deur stropery, Care for Wild, het ‘n nuwe lid by hul honde-eenheid verwelkom. Die oord se stigter, Petronel Nieuwoudt, glo die vier maande oue Malinois herdershond, Cooper, sal ongetwyfeld ‘n besondere hond word. Nieuwoudt sê die honde-eenheid is ‘n krag om mee rekening te hou. Sy sê die honde wat opgelei is om verdagtes se spoor te volg, hulle op te spoor en aan te keer is ‘n ongelooflike aanwins in die voortdurende beveiliging van renosters. Nieuwoudt sê die Malinois-ras is uiters geskik vir die veld: