Lughawepad word oorhandig

Die Paaie-owerheid gaan vandag die pad-opgraderingsprojek van Fase 2b tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako amptelik aan die kontrakteur oorhandig. Fase 2b van die pad is 21,3 kilometer lank tussen Dordabis en die lughawe, en is die finale fase van die lughawepadprojek. Die woordvoerder van die owerheid, Hileni Fillemon, sê die projek vorder goed.