Malawi steier onder cholera

Die Malawiese regering het ‘n beroep gedoen vir hulp nadat ‘n cholera uitbreking reeds die lewens van honderde landsburgers geeïs het. Cholera het in Maart verlede jaar in die land uitgebreek en het tot dusver na bykans al 28 streke versprei. Die regering vra in ‘n verklaring vir mediese voorraad en hulp met sanitasie-geriewe by skole. Die regering vra ook vir orale rehidrasie soute, chloor en geld.