Stad Kaapstad bekommerd oor gesinsgeweld

Die Stad Kaapstad bemerk ‘n effense daling in sy weeklikse misdaadstatistiek. Oproepe oor interpersoonlike geweld en bestuur onder die invloed bly egter ʼn bron van kommer. Die openbare noodkommunikasiesentrum het die naweek 1 970 voorvalle aangeteken. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê beamptes het op ten minste ses klagtes van gesinsgeweld en mishandeling gereageer. Met die helfte van daardie gevalle het die klaers geweier om klagtes te lê.