Tennis: Speler gebruik glo vals Covid-sertifikaat

Tennis: Die vroue-tennisvereniging, die WTA, het nog nie opgetree teen Camila Giorgi nie. Daar is weer visum-omstredenheid by die Australiese Ope nadat aan die Iig gekom het die Italiaanse speler word ondersoek vir die moontlike gebruik van ‘n vals Covid-inentingsertifikaat om die land binne te kom. Die bewering laat ook vrae ontstaan oor haar deelname aan die toernooi verlede jaar, toe spelers moes bewys hulle is ingeënt. Giorgi het nog nie ‘n woord oor die saak gerep nie.