Maddie McCann – nog bewyse teen Brueckner

Ondersoekers het nuwe bewyse gevind wat moontlik die sleutelverdagte, Christian Brueckner, in die verdwyning van die Britse kleuter Madeleine McCann 15 jaar gelede inkrimineer. Volgens Hans Christian Wolters, die Duitse aanklaer wat die saak sedert 2020 ondersoek kon geen inligting bekend maak nie omdat die ondersoek nog voortduur maar, hy het aan media gesê hy is seker dat Brueckner Madeleine vermoor het. Daar is bespiegeling dat bewyse wat met Madeleine verbind word, gevind is in die kampeerwa wat Brueckner gebruik het ten tye van haar verdwyning. Brueckner, wat in Duitsland agter tralies is vir die verkragting van ‘n vrou in dieselfde area van die Algarve-streek van Portugal vanwaar Madeleine in 2007 vermis geraak het toe sy drie jaar oud was, is formeel as ‘n amptelike verdagte geïdentifiseer.