Oorlog in die Oekraïne is sinneloos

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die oorlog in Oekraïne is ‘n krisis wat wêreldwyd energiemarkte verwoes, geldstelsels ontwrig en die uiterse kwesbaarheid van die ontwikkelende wêreld vererger. Hy het die Veiligheidsraad ingelig oor verlede week se besoek aan Rusland en Oekraïne. Volgens Guterres het hy die aktiewe oorlogsone in Oekraïne ingegaan sonder enige vooruitsig van ‘n skietstilstand, aangesien die oostelike deel van die land volskaalse voortgesette aanvalle beleef: