Van Deventer broers uiteindelik 10 & 15 jaar gevonnis vir stropery

Die Landdroshof in Giyani in Limpopo het die Van Deventer-broers onderskeidelik tot tien- en 15-jaar tronkstraf gevonnis. Gideon en Nicolaas het skuldig gepleit op klagtes wat insluit sameswering om renosters te jag, onwettige jag en die doodmaak en onthoring van ‘n renosterbul. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Mashudu Malabi Dzhangi, sê die beskuldigdes was vir vyf jaar in aanhouding terwyl hulle gewag het vir hul verhoor om afgehandel te word: