Maatskappy ondersoek natuurlike gas in vloeistofvorm

‘n Maatskappy in Ekurhuleni, DNG Energy, het ‘n skeepsvrag natuurlike gas in vloeistofvorm by die aanleg in Germiston ontvang. Dis ‘n loodsprojek om die haalbaarheid van die gebruik van LNG as alternatief vir diesel te toets. DNG Energy is die eerste maatskappy wat die gas vir kommersiēle gebruik verskaf. Die uitvoerende hoof, Aldworth Mbalati, sê dis veilig, goedkoop en ‘n stabiele alternatief, en boonop in pas met die land se nasionale verbintenis om na ‘n skoner vorm van energie oor te skakel.