Daniel van Tonder wen SA Ope

Gholf: Daniel van Tonder sê dit was ‘n baie spesiale oomblik vir hom om die SA Ope met een hou te kon wen. Hy het ‘n uitstekende laaste ronde van 65 behaal en ‘n voëltjie op die laaste putjie aangeteken om op 16 onder baansyfer koning te kraai by Sun City in Noordwes. Oliver Bekker was tweede en Hennie du Plessis derde. Van Tonder sê sy eerste oorwinning van ‘n DP-wêreldtoernooi en om vanjaar die eerste keer aan twee majors deel te neem, was goeie ondervinding.