LPM ook boos oor Katti-tender

Die LPM-party het die stappe van die gesondheidsministerie om suurstof te bekom verwelkom maar sê die spesifieke diens behoort nie deur ‘n derde party bekom te word nie. Opposisie party is woedend oor die tender wat aan Intaka Technologies van Knowledge Katti toegeken is. Eneas Emvula, woordvoerder van die party het hulle standpunt so gestel.