SA gaan sitrus na China uitvoer

Die Sitrus-kwekersvereniging van Suid-Afrika het die onlangse ondertekening van ‘n protokol tussen Suid-Afrika en China deur die landbouminister, Thoko Didiza, verwelkom. ‘n Woordvoerder sê dit het ses jaar geneem om die hersiene protokol saam te stel. Dit volg na die sitrusbedryf versoek het dat suurlemoene uitgesluit moet word van die regulatoriese vereistes vir die vals kodlingmot. Die ondertekening beteken dat China nou ‘n noodsaaklike nuwe mark gaan word met 325 miljoen Namibiese dollar se inkomste vir uitvoere vanjaar en 800 werksgeleenthede wat in die bedryf geskep word.