LPM: Nasionale Vergadering ‘n reuse-mislukking

Die Landless People’s Movement, LPM, sê die Nasionale Vergadering is ‘n reuse-mislukking, want geen belangrike wetsontwerpe is vanjaar ordentlik bespreek of goedgekeur nie. So sê die party se hoofsweep, Henny Seibeb, wat die skuld op die speaker prof. Peter Katjavivi pak, wat in sy oë nie goeie leierskap en rigting in die parlement verskaf nie. Seibeb verwys veral na twee belangrike wetsontwerpe teen verkragting en geslagsgeweld wat die minister van justisie, Yvonne Dausab, in die Nasionale Vergadering ter tafel wou lê. Seibeb sê die parlement word deur luiheid gekarakteriseer en sommige lede is bloot salaristrekkers.