Byna 70 medici in Spaanse hospitaal opgeneem in hoësorg na Kersparty

Byna 70 dokters en verpleërs van ‘n Spaanse hospitaal in Malaga se intensiewesorgeenheid het positief vir Covid-19 getoets nadat hulle ‘n Kerspartytjie bygewoon het. Die oorsprong van die uitbreking word nog ondersoek. Daar was 173 mense wat die Kerspartytjie bygewoon het.