Job Amupanda praat vandag oor ‘belangrike kwessies’

Die Affirmative Repositioning-beweging gaan vanmiddag om twaalf-uur ‘n mediakonferensie hou waartydens die leier, dr. Job Amupanda, aan die woord gaan wees. Volgens die woordvoerder, Simon Amunime, gaan belangrike kwessies aangespreek word. Die vergadering sal ook regstreeks op hul sosialemedia-platforms uitgesaai word.