Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel gaan aan Saoedi-geborgde toernooi deelneem

Gholf: Die Suid-Afrikaanse spelers Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel is onder die 42 spelers wat bevestig is vir volgende week se eerste 392 miljoen Suid-Afrikaanse rand Saoedi-geborgde LIV-gholftoernooi. Die toernooi begin volgende Donderdag en is skerp gekritiseer omdat die geld daarvoor deur die Saoedi-Arabiese Openbare Beleggingsfonds beskikbaar gestel is. Ander spelers wat beslis gaan speel, is die Major-kampioene Dustin Johnson, Sergio Garcia, asook Lee Westwood van Engeland. Die PGA Toernooi en die DP Wêreldtoernooie het alle versoeke deur spelers vir kwytskelding geweier. Die LIV toernooi bots met die PGA Kanadese Ope.