Só raak opgeskorte vlugte van Kulula en British Airways reisbedryf

‘n Namibiese reisagent het gereageer op die impak op die reisbedryf nadat Comair alle vlugte van Kulula en British Airways van vandag af opgeskort het totdat bykomende befondsing verkry kan word. Die maatskappy wat onder sakeredding is, sê hy is besig om die nodige kapitaal in die hande te kry en daar is geen rede om te dink dit sal nie gebeur nie. British Airways en kulula.com se kaartjieverkope is ook onmiddellik opgeskort. Comair se uitvoerende hoof, Glenn Orsmond, sê hulle is baie jammer oor die ongerief wat die skorsing gaan veroorsaak. Comair spog met sowat 40 persent van Suid-Afrika se mark vir plaaslike vlugte. Herbert Burmeister, Trip Travel se uitvoerende hoof sê aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.