Venezuela skenk 30 000 herwinde speelgoed aan kinders

Venezuela se  sogenaamde hospitaal vir sagte speelgoed het sedert 2017 al 30 000 stukke herwinde speelgoed by skole en verenigings in arm woonbuurte afgelaai. Volgens internasionale nuusagentskappe is 40 vrywilligers aan die werk om speelgoed in ‘n eenvoudige werkswinkel te was, reg te maak en te verf voor dit aan minderbevoorregte kinders by skole en verenigings in arm woonbuurte gestuur word. ‘n Skooldirekteur, Mariligia Moreno, sê daar is ‘n sentimentele en emosionele element betrokke wanneer speelgoed aan kinders uit ‘n minderbevoorregte agtergrond gegee word.