‘Los die kernwapens uit en maak soos daardie Duitser in Berlyn in Mei 1945’

Die Britse minister van verdediging sê Rusland se inval van Oekraïne verloop nie volgens plan nie en is plek-plek chaoties. Ben Wallace sê hy glo nie die aanval wat Moskou verlede week van stapel gestuur het, het die strategiese uitwerking wat die Oos-Europese moondheid gedink het dit gaan hê nie. Intussen sê Sergiy Kyslytsya, die Oekraïne se verteenwoordiger by die VN dat President Vladimir Putin die hele wêreld se veiligheid bedreig met sy kernwapen-dreigemente…