Meer oor nuwe gesondheidsbeleide, sal diens verbeter

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier beleide bekend gestel in hul strewe om gesondheidsorg in die land volgens internasionale standaarde te verskaf. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê die beleide verseker die voorsiening van kwaliteit diens vir gesondheidsorg in Namibië. Hy sê die hoofdoel is om kwaliteit gesondheidsorg in beide openbare en privaat sektore te verbeter. Die woordvoerder in die Namibiese gesondheidsministerie, Walters Kamaya, verduidelik die vier beleide.