Nehawu teleurgesteld oor hof se besluit oor salarisse

Die Nasionale Onderwys-, Gesondheid- en Verwante Werkersvakbond in Suid-Afrika, Nehawu, sê dis jammer die Konstitusionele Hof het die Arbeidshof se beslissing oor die 2018-ooreenkoms oor staatsalarisse bekragtig. Die staat het salarisverhogings ingestel in 2018/2019 en 2019/2020, maar sê dit kan weens gebrek aan fondse nie die derde fase vir 2020/2021 nakom nie. Die laaste jaar van die driejaar-ooreenkoms sou die staat na raming 38 miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Nehawu se woordvoerder Mike Shingange sê dis ‘n terugslag vir die sektor: