Lone-kommissie vir nasionale minimum loon vergader môre in Windhoek

Die Namibiese arbeidsministerie se Lone-kommissie gaan môreoggend sy openbare verhoor in Windhoek oor die nasionale minimum loon voortsit. Vandeesweek is reeds openbare verhore op Otjiwarongo en Swakopmund gehou. Dr. Marius Kudumo, die voorsitter van die kommissie, sê belanghebbendes is uitgenooi om finale voorleggings te doen.