Namibië Statistieke-agentskap sê uitvoere en invoere daal in Julie

Namibië se uitvoere vir Julie 2021 beloop 4,8 miljard Namibiese dollar, ‘n afname van 49,4 persent vanaf Junie 2021, terwyl die invoere 7,9 miljard Namibiese dollar beloop, 23,1 persent laer as Junie 2021. Dit het gelei tot ‘n handelstekort van 3,2 miljard Namibiese dollar. Abel Sindano van die Namibië Statistieke-agentskap gee die jongste statistieke aan Kosmos 94.1 Nuus.