Lisensieskyfies: Ons moet boetes skryf

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime sê dit is onmoontlik vir sy beamptes om nie boetes vir lisensieskyfies wat verval het, uit te skryf nie. Die kommentaar kom na berigte dat die Nampol hoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga blykbaar opdrag gegee het dat polisievoertuie met die skyfies nie boetes mag kry nie omdat die mag sy pligte moet uitvoer terwyl nuwe skyfies bekom word. Ndeitunga het intussen aan plaaslike media gesê hy het moontlik fouteer met die opdrag. Op sy beurt sê Kanime sy beamptes het ‘n eed van getrouheid afgelê en moet dus boetes skryf.