Betaal atlete vir wat hulle doen

Die bestuurder van korporatiewe aangeleenthede by MTC, John Ekongo sê sportadministrateurs in die land moet begin besef dat atlete betaal moet word vir dit wat hulle doen. Ekongo het gepraat by die vertrek van die nasionale vroue- en manshokkiespanne na die Afrika Nasiesbeker in Ghana. Volgens Ekongo kwalifiseer atlete vir internasionale kampioenskappe maar, word nie vir hulle harde werk betaal nie. In sy mening is passie nie genoeg om atlete te motiveer nie.