Mafe se borgaansoek môre aangehoor

Die verdagte in verwoestende parlementsbrand in Kaapstad Zandile Mafe, se borgaansoek sal môre op ‘n dringende basis gehoor word. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap Eric Ntabazalila het dit bevestig. Dit sal volgens hom 11-uur plaasvind. Mafe is Donderdag in die psigiatriese hospitaal Valkenburg opgeneem vir waarneming. Hy het volgens die staat paranoïese skisofrenie. Maar sy prokureur, senior advokaat Dali Mpofu, wat ook oudpresident Jacob Zuma verteenwoordig, sê daar is niks fout met Mafe nie. Die saak is tot 11 Februarie uitgestel. Die teenwoordigheid van Mpofu het baie vrae oor die aangeleentheid laat ontstaan en die bekende politieke ontleder, professor Andre Duvenhage het sy mening in die verband vroeër so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.