Lesotho-burgers by Marikana vermoor

Die polisie in Noordwes het sy teenwoordigheid in die Nkaneng-informele nedersetting in Marikana versterk ná die dood van vier burgers van Lesotho. Die woordvoerder, Sabata Kgwabone, sê ‘n vrou en drie mans is ontvoer en vermoor tydens ‘n misdaad wat vermoedelik gekoppel is aan mynwerkers wat onlangs beroof is ná hulle uitbetalings van hul aandele ontvang het. Twee beskuldigdes het vandag in die landdroshof in Brits verskyn.