Komm. Naftal Sakaria vat die leisels oor in Oshana

Kommissaris Naftal Sakaria, nuut aangestelde Oshana-streekbevelvoerder, hou vanaand ‘n spesiale operasie in die streek. Afgetrede streekbevelsvoerder vir Oshana, kommissaris Rauha Amwele het vandeesweek die amp amptelik aan haar opvolger, kommissaris Sakaria, oorhandig. Sakaria het op 1 Augustus sy nuwe pos ingeneem. Hy is ‘n jarelange lid met 26 jaar ondervinding in die polisie. Voor hierdie aanstelling het hy sy polisieloopbaan op 1 Mei 1996 begin en sy basiese opleiding aan die Oudtshoorn Polisie-opleidingskollege in Suid-Afrika ontvang. Kommissaris Sakaria gesels met Kosmos 94.1 Nuus.