SA vroue-bokser deur na halfeindronde

Boks: Die Suid-Afrikaanse vroue-bokser Phiwokuhle Mnuguni, wat in Amerika woon, is deur na die halfeindronde van die 54- tot 57-kilogram-afdeling op die Statebondspele in Birmingham. Mnuguni het  Sajeewani Mthuthanthri van Sri Lanka geklop toe die geveg in die derde ronde gestaak is. Die halfeindronde vind môre plaas. Mnuguni sê sy hoop om vir Suid-Afrika te wen.