Leonard-plaasaanval: Boer ontslaan, een vas

Polisie in die Omaheke-streek wou nie veel inligting bekend maak nie maar het bevestig dat ‘n plaasvaanval gisteraand in die Leonardville-distrik plaasgevind het. Die polisie het wel bevestig dat die boer, Wilfried Nauhaus beseer is maar, is reeds uit die hospitaal op Gobabis ontslaan. Die ondersoek duur op die oomblik op die toneel voort en een verdagte is reeds in hegtenis geneem.