Namibiese toerismesektor se Covid-inentingsveldtog skop af

Die Namibiese toerismeminister, Pohamba Shifeta, het vandag die toerismesektor se Covid-inentingsveldtog van stapel gestuur. Die veldtog is daarop gemik om deelname van werknemers en besighede in die toerismesektor te verhoog om vrywillig aan die inenting teen Covid-19 deel te neem. Shifeta sê dit sal gesondheidsrisiko verminder waar gaste gehuisves word. Hy versoek alle groot instellings om maatskappy-inisiatiewe te dryf en werknemers positief te betrek om die inentingskoers in die toerismesektor te verhoog.