Leeus in Krugerpark met nekbande toegerus

Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe en SANParke is besig met ‘n projek om leeus in die noorde van die Krugerpark van nekbande en satelliet-opspoorders te voorsien. ‘n Woordvoerder van die projek, Marnus Roodbol, sê dit is om beter te verstaan waar en hoe die groot katte hierdie reuse-gebied benut. Leeus volg dikwels groot prooi na die gebiede, maar min is bekend oor hoe hulle in die area optree en oorleef. Dit sal veldwagters ook help om die diere voortdurend dop te hou om troppe op te spoor en hulle teen moontlike bedreigings te beskerm.