SAOG se parlementêre forum veroordeel lande se reisverbod

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se parlementêre forum het ‘n beroep op lande gedoen om wetenskaplike data te gebruik soos verskaf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie voordat ‘n reisverbod op Suider-Afrikaanse lande ingestel word. Sedert die nuwe variant Omnicron wat vir die eerste keer deur Suid-Afrika op 24 November 2021 deur Suid-Afrika opgespoor en aan WGO gerapporteer is, gevolg deur Botswana, Duitsland, Hong Kong en Israel, het die wêreld gesien hoe die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State onder andere ‘n reisverbod op Suider-Afrikaanse lande geplaas het.