Leer leef saam met Covid, maar sterftes te hoog

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê al is Omikron ‘n redelike ligte variant, moet dit steeds ernstig opgeneem word, veral as persone nie ingeënt is nie. Gevalle neem baie skerp toe, maar sterfgevalle styg nie op vlakke wat tydens Delta gesien is nie. Terwyl ons moet leer om met die virus saam te leef, moet ons nie die hoeveelheid sterfgevalle aanvaar nie. Dr. Maria van Kerkhove van die WGO het met die media gepraat.