Ondersoek na onwettige skole in SA

ActionSA het die ANC-regering gevra om ondersoek in te stel na die geldigheid van berigte op sosiale media waarin beweer word buitelanders bedryf onwettige, ongeregistreerde skole in die land. Die party wil ook hê die twee ministers van onderwys moet bewerings ondersoek dat hierdie skole immigrante aanstel wat nie dokumente het nie. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê alhoewel toegang tot onderwys sedert 1994 verbeter het, is die gehalte daarvan te laag om die nasie te bemagtig: