Kaderontplooiing moet bespreek word, eis DA

Kaderontplooiing is ‘n uitdaging plaaslik, en elders, en het ‘n negatiewe impak op dienslewering. Die DA in Suid-Afrika versoek ‘n dringende parlementêre debat oor kaderontplooiing. Die party beplan ook om voort te gaan om wettige roetes te volg vir toegang tot notules van die ANC se kaderontplooiingsvergaderings. Volgens ‘n DA-parlementslid, Leon Schreiber, is ‘n wetsontwerp ook ter tafel gelê in ‘n poging om hierdie praktyk te beëindig. Die DA se stap volg ná onthullings voor die Zondo-kommissie oor die ANC se invloed op aanstellings in die staatsdiens: