Leer hoe om ‘n dieremisdaadtoneel te lees

Wildlife Vets Namibia gaan in Maart ‘n kursus in die hantering van dieremisdaadtonele en -bewyse aanbied. Die kursus duur twee en ‘n half dae en die fokus is op wildmisdaad en veediefstal se misdaadtonele. Die eerste kursus vind vanaf 4 tot 6 Maart by Etango Ranch in die Windhoek-distrik plaas en die tweede een vanaf 13 tot 15 Mei by by Kifaru Bush Camp in die Outjo-distrik. Veearts dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets Namibia verduidelik die belangrikheid van die kursus vir teenstropery aan Kosmos 94.1 Nuus.