Informele sektor wat groei is kommerwekkend – kenner

Die jongste navorsing toon dat 56 persent van alle werkende Namibiërs is betrokke in die informele sektor, wat volgens die navorsing met 5 persent jaarliks groei. Daar is vir talle van die mense geen formele werksgeleenthede nie maar, die grootste uitdaging is die feit dat die mense geensins inkomstebelasting betaal nie. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging het sy mening so verwoord.

De Klerk sê daar is talle voorbeelde van hoe skadelik ‘n yslike informele sektor aan ‘n ekonomie doen.