Lasbrief vir inhegtenisneming aan Ace Magashule se gewese PA uitgereik

‘n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Ace Magashule se gewese persoonlike assistent. Moroadi Cholota sal nou ‘n beskuldigde wees nadat sy geweier het om as staatsgetuie op te tree teen Magashule en sy medebeskuldigdes. Die saak is in die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 21 Februarie uitgestel. Hulle staan tereg op meer as 70 aanklagte van korrupsie, diefstal en geldwassery wat verband hou met ‘n asbes-tender van 255 miljoen rand. Die NVG-woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê die lasbrief is uitgereik omdat Cholota, wat in Amerika studeer, nie haar samewerking gee nie.