Landbousektor is grootste werkverskaffer in Namibië

Die landbousektor is die sesde grootste industrie in die Namibiese ekonomie, maar dit is die grootste werkverskaffer wat 23 persent van die arbeidsmag in diens neem. In die landbousektor is die visserybedryf die grootste subsektor as dit met lewendehawe en gewasverbouing vergelyk word. Kosmos 94.1 Nuus het aan ekonoom Theo Klein gevra as landbou die sesde grootste industrie in die ekonomie is, waarom is dit die grootste werkverskaffer?

Klein is positief oor die landbousektor as die reënseisoen goed is.