Onduidelik of Jandre Dippenaar regsverteenwoordiging bekom het

Dit is steeds nie duidelik of Jandre Dippenaar regsverteenwoordiging bekom het in die saak waar hy vir skadevergoeding gedagvaar word deur die Duitse burger Antonia Joschko nie. Die laaste dokument wat hy laat indien het, was op 11 Mei vanjaar waar hy aangedui het dat regshulp van die staat hom geweier is. Die saak was weer voor Regter Shafimana Ueitele en is vir ‘n laaste keer tot 7 Desember uitgestel. Yanna Smith het die besonderhede.