Langerhans Apteek is ook nou ‘n Covid-inentingsentrum

Langerhans Apteek in Windhoek is ook nou ‘n Covid-inentingsentrum. Namibië vaar tans baie goed in die pandemie en het ‘n duidelik afname in positiewe Covid-gevalle en -sterftes. Die eienaar van Langerhans Apteek, Kim Dreyer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is verheug dat die gesondheidsministerie hulle as inentingsentrum goedgekeur het en die publiek kan met alle beskikbare Covid-enstowwe by die apteek ingeënt word.