Minder haatspraak op sosiale media

Facebook en YouTube het vanjaar minder as verlede jaar van die haatspraak verwyder wat aangemeld is, al neem die druk toe om strenger regulering op sosialemedia-platforms af te dwing. Die Europese Unie se jaarlikse hersiening van sosiale media-platforms wat by sy vrywillige haatspraakkode aangesluit het, het bevind die algehele verwyderingskoers het gedaal. Platforms wat aangesluit het sluit Twitter, Instagram en TikTok in. Die platforms het gemiddeld 62,5 persent van die inhoud verwyder wat tussen Maart en April aangemeld is. Dit is minder as die gemiddeld van 71 persent in dieselfde tydperk in 2019 en verlede jaar.