Sekuriteit by Avisdam verskerpOctober 8, 2021

Avisdam in die hoofstad het sy sekuriteit verskerp, het die voorsitter van Greenspace, Vera Freyer, gesê. ‘n Teenstropery- en bospatrollie-eenheid van Nyime is nou by die dam ingespan. Die eenheid bestaan uit twee Ovahimba-mans wat die gebied dag en nag sal patrolleer en hulle is gesoute spoorsnyers. Freyer het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê twee sulke eenhede is reeds by Farm Windhoek se staproete en Auasblick ontplooi en volgens berigte is hulle baie doeltreffend daar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *