Landbou, vleis dra baie by aan BBP

Landbou en vleisproduksie is steeds van die belangrikste sektore wat aan die Namibiese BBP bydra. Volgens die Vleisraad dra die uitvoermarkte te meeste tot die ekonomie by. Die raad sê dat 267 miljoen Namibiese dollar se diere en vleis in Julie vanjaar uitgevoer is, wat 5,8 persent van die totale uitvoere verteenwoordig. Die raad sê handel is uiters belangrik vir Namibië se ekonomie en op nasionale vlak is dit belangrik om gereeld beleidsraamwerke te hersien om te verseker van die beweging van goedere tussen handelsvennote onbelemmerd voortgaan en verder groei.