Oostenryk ent kleintjies sonder toestemming

Die Oostenrykse hoofstad, Wene, is die eerste stad in die Europese Unie wat bereid is om kinders van vyf- tot 11-jaar in te ent, al het die Europese Medisyne-agentskap nie toestemming gegee dat enige van die entstowwe vir hierdie ouderdomsgroep gebruik mag word nie. Volgens berigte het EU-lidlande die reg om die inentings tydens ‘n openbare gesondheidskrisis toe te dien. Meer as 5 000 kinders in hierdie ouderdomsgroep het vir die inenting geregistreer. Intussen word oningeënte mense op die oomblik gepolisieer omdat hulle ingeperk is regoor die land.