Landbou-kenner reageer op waardetoevoeging, op-die-hoef uitvoere

Die nuutgestigte Beef Value Chain-forum lok reaksie uit. Die forum se uiteindelike doelwit is om ‘n uitvoer-abattoir te vestig maar ook waardetoevoeging in binne die land met plaaslike verwerking. Op die oomblik word Namibiese beesvleis onverwerk uitgevoer na die Europese mark waar dit in produkte omskep word. Die Vleisraad se syfers vir 2021 toon dat van die totale 226 000 bees wat bemark is, is net 25 persent by uitvoer-abattoirs verwerk. Dr. Kobus Laubscher, die bekende landbou-ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor waardetoevoeging, maar hy meen uitvoere is ook uiters kompeterend.