Kenner sê oor Russiese weermag en die oorlog in Oekraïne

Berigte van die stand van die oorlog in die Oekraïne maak in sekere gevalle nie sin nie. Rusland het ‘n baie magtige weermag en beskik tog sekerlik oor die vermoë om ‘n klein land soos die Oekraïne baie vinnig oor te neem… maar dit blyk nie die geval te wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het by Helmoed Heitman, ‘n kenner in militêre aangeleenthede, aangeklop vir sy mening…