Lae stempersentasie sal SA se verkiesings minder geldig maak

Die buurland se plaaslike owerheidsverkiesings bly in die nuus. Die politieke ontleder Daniel Silke meen ‘n lae stempersentasie by die stembusse op die eerste November kan lei tot vrae oor die geldigheid van die plaaslike regeringsverkiesing. Hy glo die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal op die dag gereed wees, maar voorspel ‘n gebrek aan entoesiasme deur kiesers: